Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Weg! Platteland by Media 24 Ltd - Available

Weg! Platteland

Autumn 2026
Magazine

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Koffie, goeie geselskap en mooi stories

Weg! Platteland

Vertel ons

Nuus & dagboek • Die herfs met sy ryk kleurpalet bring opnuut ’n waardering vir oorgang en verganklikheid. Heel gepas is dié seisoen se dagboek vol nostalgie en herinneringe van ou gunstelinge. Vier die oorvloed van oestyd by ’n granaatof dahliafees, ontmoet rooibostee in ’n nuwe baadjie, en klim ’n slag weer op ’n stoomtrein.

Dinge vir jou dagboek*

TEKEN NOU IN en betaal R96 per tydskrif

Ons gaan dorp toe! • Ons vier die begin van die koeler dae met dié vernuftige produkte uit Alice, Barrydale, Cradock, Darling, Elgin, George, Graaff-Reinet, Groot-Brakrivier, Harkerville, Hoekwil, Kaapstad, die Paarl en die Weskus.

KOMATIPOORT Warm grensdorp (met nóg warmer mense) • Waar die Komati- en Krokodilrivier in Mpumalanga ineenvloei, lê ’n grensdorp van uiterstes en teenstrydighede: Komatipoort is die tuiste van ’n gevestigde boeregemeenskap, maar ook ’n poort tot die ooskus van Afrika en van die gesogste private lodges en golfbane in die land.

Ontmoet die mense

Eet, drink, wees plesierig!

Handgemaakte wonderwerke uit die Boesmanland • In elke Boesmanlandse plaaskombuis is deesdae ’n moedige boervrou wat die moeilike droogtedae, voerskuld en troosteloosheid met hulle kaal hande help aanvat: Enigiets van bak- en breiwerk, skaapvelpantoffels en handgespinde wol tot seep en velsorgprodukte van skaapvet hou nou huishoudings aan die gang én bring moed en waardigheid.

KLAARSTROOM ’n Sepiafoto gestol in tyd • ’n Donkiekar wat klip-klop-klop in Klaarstroom se enigste straat laat ’n mens voel of jy in ’n ou sepiafoto verdwaal het. Al wat die afgelope eeu skynbaar verander het op dié Karoodorp is die vars besendings stilteverknogtes wat hulle heil hier kom soek.

Ontmoet die mense

Drentel, koop en kuier

Dis nie net ’n ‘game’ nie… Dis ons drome! • Die Prior Grange Oval is ’n pragtige krieketveld op ’n plaas naby Springfontein in die Suid-Vrystaat. Dit klink dalk na ’n fabelagtige sprokie, maar is voorwaar ’n plek waar plattelandse drome waar word, skryf Willem van der Berg nadat hy self hier op die veld gestap het.

Waar kreatiwiteit vlerke kry • ’n Vaste geloof in die eenvoudige mantra dat ’n mens doen waarvoor jy lief is, sit agter die sakemodel wat ’n familieplaas in die Laeveld verander het in ’n broeiplek vir idees – vir die eienaars, maar ook vir kunstenaars en ambagsmense.

PRINS ALBERT Vaardighede gee ware hoop • Die grensverskuiwende gemeenskapsprojekte van die Prins Albert-gemeenskapstrust – van ’n splinternuwe gasvryheidsakademie tot hulle eie reeks lyfsorgprodukte tot die Journey to Jazz-musiekfees einde April – wys hoe daadwerklike vaardigheidsontwikkeling van hoop ’n tasbare werklikheid kan maak.

Ontmoet die mense

‘Dr. Christo hier, hoe kan ek help?’ • In Bethlehem in die Oos-Vrystaat leef ’n jong veearts sy liefde vir dieresorg en veereproduksie uit – in ’n gemeenskap wat die grootste waardering het vir sy werk.

Vetplantmessias van die Richtersveld • Min mense dink ooit aan die Richtersveld en die skaars vetplante wat daar tussen die sand en klippers groei. Maar uit dié bergwoestyn kom daar deesdae ’n roepstem vir die natuur: Pieter van Wyk is ’n profeet wat vir die lewe van die vygies, kokerbome en halfmense pleit.

Ons gaan tuin toe • Lieflike herfs –...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans