Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Idees by IdeesFabriek - Available

Idees

HERFS 2026
Magazine

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

VAN DIE REDAKTEUR

Idees

VOLG DIE SON • Hierdie huis in die skilderagtige dorpie Sóller op die Spaanse eiland Majorka is die perfekte vakansiehuis, seisoen ná seisoen.

SIT-SIT SO SALIG! • Ons sitkamer is die eerste vertrek wat gaste sien en ook waar ons baie van ons tyd deurbring. Hier is ’n paar idees oor hoe jy joune mooi kan maak, wat ook al jou styl of smaak is.

MURE WAT FLUISTER • Elke huis - elke gebou - se klanke vertel ’n storie wat nie met ’n foto vasgevang kan word nie. Maak jou oë toe en luister mooi.

’N GERFIE HERFS • Vernuwe jou woonplek met hierdie oorspronklike projekte in die seisoen se pragtige kleure.

LEEF LEKKER! • JY HOEF NET EEN PROJEK ELKE NAWEEK AAN TE PAK EN DIT SAL JOU NIE LANK NEEM OM JOU LEEF VERTREK ’N HELE NUWE VOORKOMS TE GEE NIE.

OPGETOF • Maak ’n pragtige nuwe jassie vir jou stoel en rond die voorkoms af met ń kussing wat gekleur en met borduurwerk versier is.

PIENK EN PERFEK • Gee aan ‘n muur ‘n romanties voorkoms deur dit in ‘n paar maklike stappe te kalkverf.

WOEFJASSIE • Brei ’n baadjie vir jou beste vriend met die log cabin-metode. Dis ’n beroemde Amerikaanse kwilttegniek waar lang stroke materiaal in ’n spiraalvolgorde om ’n vierkant aan mekaar gewerk word om ’n groter stuk materiaal te maak.

SOOS MOSAÏEK • Bring ’n tikkie kleur in jou huis met hierdie fraai kussing in mosaïekhekelwerk.

DIE MINI-MAKSI VAN MOOI • ’n Klein verandering kan ’n reuse-verskil maak. Gebruik dié maklike wenke om jou dekor in minder as ’n dag te vernuwe.

KINKELS & KABELS • Met die kouer maande net om die draai, kan jy solank hierdie pragtige oortrui met sy kabelpatroon vir daardie koue dae tussenin begin brei.

KOESTER-SEISOEN • Hierdie pragtige kwilt bring die draai van die seisoene tot in jou slaapkamer.

BLOM IN ’N BLOKKIE • Hekel hierdie pragtige Arcadia-afghaanblomvierkant vol tekstuur om op ’n deken, serp, trui of kussingoortreksel te gebruik.

SKEP NET! • Jy hoef nie ’n kunstenaar te wees om skeppend te wees nie. Begin eenvoudig - en geniet alles wat daarop volg, sê Louise Janovsky.

GOUD OP JOU BORD • Dit maak nie saak of jy pampoen bo botterskorsie verkies en of jy dit graag sout of soet voorsit nie - dié keur van pampoenresepte sal aan enige herfsspyskaart kleur verleen.

BROODWENNER • Verras jou gaste met dié heerlike varsgebakte brood wat lyk of dit dalk uit jou groentetuin kom. Hierdie halfbruin-halfwit-brood is die perfekte bykos by enige gereg, of jy kan dit net so met botter of konfyt geniet.

ONS PRAAT GRANAAT • Van die Ou Testament, die Koran en Tora tot die resepteboeke van die wêreld se voorste sjefs besing die wonders van die granaat. Ilse Zietsman vertel meer oor dié sappige robynvrug.

SIT DIE KUNS IN KUNSMATIG • Moenie bang wees om met kunsmatige intelligensie ’n paar magiese algoritmes in jou skeppende heiligdom binne te nooi nie.

VINNIGE WEGSPRING-OPDRAGTE • Oftewel, jou ’prompt cheat sheet’ …

OP JOU LEESLYS

JUL IDEES • Ons hoor graag van jou! Vertel vir ons meer oor jouself, wat jou inspireer en waarmee jy alles besig is. E-posse en foto’s is welkom.

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans